Wednesday 16 September 2009

MAANDVERGADERING: 19 SEPTEMBER 2009

Datum: Saterdag, 19 SEPTEMBER 2009;

Tyd: 14:00 tot 16:00;

Plek: Nederduits Gereformeerde Kerk (NG Kerk), Ontdekkerskruin, Phillipslaan, Ontdekkers, Roodepoort (Kaart onder);



Onderwerp: Robert Jacob GORDON – die Davey Crockett van Suid-Afrika -- die amptelike ontdekker van die Gariep-/Grootrivier/Oranje.


Aanbieder: Simon du Plooy, voorsitter Noordwes-tak van die GGSA

Kort CV: Gebore in Bethulie, Suid-Vrystaat, en grootgeword op die familieplaas Truitjesfontein in die distrik. (Die plaas is later onder die destydse Verwoerdamskema onteiƫn en vorm vandag deel van die Tussen die Riviere Wildtuin in die Bethulie-distrik).

Matrikuleer in Bethulie. Daarna eers gedeelte van weermagopleiding in Ladismith en Saldanha en ook Pretoria. Voltooi Bourekenkunde aan die UOVS (1971-1975). Vanaf 1977 woonagtig in Potchefstroom. Werk eers as bourekenaar by ‘n boukontrakteur, maar stig in 1988 sy eie boumaatskappy wat tussen die familienavorsing deur die res van vrye tyd opneem.

Sy belangstelling in die Genealogie is vroeg aangewakker deurdat die familieplaas gedurig deur ooms, tantes, neefs, niggies en andere besoek is en sy pa die du Plooy’s vroeg begin aanteken het. Dit het uitgeloop op ‘n familiepublikasie oor die du Du Plooy van die gebied wat vandag die kern is van Andre du Plooy en sy eie navorsing.

Voltooi ‘n register oor sy Duitse oupagrootjie, WIEGAND, se nageslag in 1987 en begin in 2000 die Du Plooy’s ernstig aanvul, maar soek eers sy eggenoot Chrisda BARNARD se Barnard/Stander/De Swart/ De Necker voorgeslagte in die George-omgewing.

Getroud met Chrisda Barnard en het twee kinders, Simon en Daniella. Albei werk in in Johannesburg.

Dit in kort is dan Simon du Plooy, s/v Simon en Maria Cornelia Wiegand, s/v Koos en Lenie Coetzee, s/v Koos en Alida van Heerden, s/v Simon en Catharina Coetzee, s/v Roelof en Susanna van den Berg, s/v Michiel en Aletta van Wyk, s/v Simon Plooier en Catharina Koopman -- immigrant uit Nederland.


Toegansfooi: R5,00 vir verversings.


KLIK OP DIE KAART OM DIT VERGROOT

(BRON: Mail and Guardian Online)

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...