Wednesday 9 September 2009

DU TOIT-BOEK EN -CD EERSDAAGS BESKIKBAAR

'n Omvattende DU TOIT-stamregister, saamgestel deur Alex Fuchs, is aan die GGSA vir bemarking en verspreiding gegee. Dit sal in boekvorm en op CD beskikbaar wees.

Dié inligting is deur Hendrik Louw, president van die GGSA, bekendgemaak.

Statistiek van die register se inhoud is soos volg:
  • 29 508 gekoppelde DU TOIT's;
  • 18 954 aangetroudene DU TOIT’s
  • 5 315 ongekoppelde DU TOIT's
  • 53 477 totale aantal individue opgeneem in die indeks.
Dit sluit uit die ouers van aangetroudenes, asook die vroulike nasate wat ook soms in die register bygevoeg is.

Volgens Hendrik is dit is 'n massiewe stuk werk.

“Die genealogiese inligting daarin is van uitstekende gehalte. Dit is goed nagevors in samewerking met verskeie ander DU TOIT-navorsers/helpers asook Juna Malherbe van die Hugenote-museum. Danksy Juna Malherbe is die volgorde van die kinders reggestel.”

DIE BOEK

Die register bestaan uit ongeveer 2 458 bladsye of 1 566 bladsye met genealogiese inligting sonder foto's. Volledige indekse is bygewerk. Die register sal in twee boeke gebind word. Die prys van die boeke sal eersdaags bekend wees nadat kwotasies verkry is vir die druk en bind daarvan.

Diegene wat in die boek belangstel, kan die GGSA laat weet (om sodoende ‘n finale prys te beding) deur 'n e-pos te stuur aan secretary@ggsa.info of ‘n faks aan 086/600-1729.

Verdere reëlings vir bestellings sal dan afsonderlik aan u gestuur word.

Dit sal teen kosprys aan voorafbetalende persone verkoop word.

Bestellings vir die eerste oplaag sluit op 26 September 2009.  Dit behoort vier weke later in die pos te wees.

Die mark vir die boek sal hoofsaaklik familie wees wat 'n aandenking vir homself/haarself wil bekom of vir hul nageslag wil behou.

DIE CD

‘n CD is 'n baie goedkoper medium om dieselfde inligting binne die bereik van navorsers te plaas.

Dit sal teen R240-00 verkoop word plus posgeld vir verspreiding in Suid-Afrika – voorwaar ‘n winskoop vir die ernstige genealoog.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...