Tuesday 12 August 2008

MAANDVERGADERING: 16 AUGUSTUS 2008

Datum: Saterdag, 16 Augustus 2008

Tyd: 14:00 tot 16:00

Plek: NG Kerk, Ontdekkerskruin, Phillipslaan, Ontdekkers, Roodepoort
(padkaart onder)

Onderwerp: GENEALOGIE EN DIE WETENSKAP, INSLUITEND

  • Genealogiese navorsing wat aan die kriteria vir geesteswetenskaplike navorsing voldoen, is wel deeglik 'n wetenskap;
  • Genealogie lewer 'n belangrike bydrae tot die geesteswetenskappe, veral in die algemene geskiedenis en
  • Genealogie verdien meer erkenning as wat tans die geval is.
Aanbieder: Dr Rentia Landman (regs)

Verkorte CV:

  • Verwerf BCom; THOD; BEd; MEd (met lof) en PhD;
  • Haar loopbaan sluit in: onderwyseres in rekeningkunde en ekonomie; dosent aan die Technikon Pretoria, nuuskorrespondent vir die SAUK vanuit België; dosent aan die Onderwyskollege Pretoria; navorser van die Onderwysburo, senior adjunkhoofonderwyskundige in die Departement van Onderwys en Administrasie Volksraad;
  • Raadslid en lid van die uitvoerende komitee van Centurion-stadsraad sedert 1995;
  • Raadslid van die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit sedert 2000;
  • Stokperdjies: skilder, beeldhou en genealogiese navorsing;
  • Genealogiese navorsing voltooi: Reid-familiegeskiedenis, 250 jaar (beperkte oplaag aan die familie in 2007 uitgegee);
  • Huidige Genealogiese navorsing: Die Eksteens van Zeerust EN Die nageslag van Johan Christiaan Landman.
Toegang: R5,00 vir verversings.

KLIK OP DIE KAART OM DIT VERGROOT
(BRON: Mail and Guardian Online)

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...