Monday 25 August 2008

DIE REGTE WYSE VAN DATUMS SKRYF

Op SAGEN het die volgende onlangs verskyn:

Petrus Schoeman: Ek het deesdae 'n probleem met die skryfwyse van die datum. Vergelyk die Amerikaanse wyse met ander skryfwyses van datums. Waar 'n klompie datums op dieselfde bladsy gelys word, is dit nie moeilik om dit te ontsyfer nie, maar wel as ‘n enkele datum verskyn? (Is “08.11.2008” 8 November of is dit 11 Augustus?)

Paul Bosman: Dis presies om hierdie rede dat ek oral in my skrywes, databasis, webwerf ens. die datums soos volg aandui: 8 Jan 2008, 13 Feb 1899, ens. Ek gebruik die Afrikaanse weergawe van Legacy en die maande is afgekort na Mar, Apr, Mei Jun, Jul, Aug, Sep, Okt, Nov en Des. Op 3 na geld almal ook in Engels. Dis my persoonlike voorkeur.

Johan Ahlers: Vanweë die (moontlike) verwarring met datums het die Internasionale Standaarde Organisasie reeds 'n geruime tyd gelede ISO8601 gepubliseer om datums te "standaardiseer".


In hierdie internasionale standaardvorm sal
17 Augustus 2008,
soos volg geskryf word:

2008-08-17.

Die jammerte is dat min mense hulle inderdaad aan hierdie internasionale standaard steur en elkeen gebruik maar sy eie voorkeur. Maar daar IS 'n standaard en dit maak SIN.

Johan verskaf ook die die onderstaande webtuistes vir meer besonderhede. Klik daarop.

Wikipedia: International standard for date and time en

A summary of the international standard date and time notation.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...