Sunday 27 May 2007

KOERANTBIBLIOTEEK BY UNISA


Een van die mees benutbare biblioteke vir die genealoog is die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se oudio-visuele biblioteek (mikro-teks) in Pretoria. Dit bevat onder meer derduisende Suid-Afrikaanse koerante op mikrofilm.

(Klik op Die Afrikaanse Patriot (links) om dit te vergroot. Fotobron: Nedweb)

Daar sal ‘n mens verskeie koerante vind wat tot sover terug as 1800 dateer -- 207 jaar gelede. Van die koerante wat hier te vind is, sluit (alfabeties) in:

Argus: 1857 -- nou
Afrikaanse Patriot: 1880 -- 1900
Beeld: 1974 -- Nou
Cape Mercantile Advertiser: 1852 -- 1889
Cape Times: 1876 -- Nou
Cape Town Gazette: 1800 -- 1850
Daily News/Sunday Tribune: 1887 -- nou
De Ware Afrikaan: 1838 -- 1842
De Zuid-Afrikaan: 1830 -- 1910
Die Burger: 1915 -- nou
Die Transvaler: 1937 -- 1993
Die Vaderland: 1965 -- 1981
Eastern Province Herald: 1845 -- 1910
Friend of the Free State/The Friend: 1850 -- 1890
Grahamstown Journal: 1831 -- 1913
Hoofstad: 1968 -- 1983
Kaapsche Grensblad: 1844 -- 1861
Land en Volk: 1891 -- 1907
Natal Mercury: 1852 -- 2000
Natal Witness: 1846 -- 1901
New Nation: 1986 -- 1997
Oggendblad: 1972 -- 1982
Oosterlig: 1937 -- 1982
Pretoria News: 1898 -- nou
Rand Daily Mail: 1902 -- 1985
SA Commercial Advertiser: 1824 -- 1869
Sunday Times:1906 -- nou
The Star: 1889 -- nou
Volksblad: 1916 -- 1980
Volkstem: 1873 -- 1910.

Neem kennis: bogenoemde is nie die volledige lys nie. Gebruikers kan by die biblioteek navraag doen oor 'n koerantnaam wat nie hier verskyn nie.

Voorgaande koerante is almal op mikrofilm neergelê. Die koerante is volledig gefotografeer. Mev Louise Gerber van die biblioteek stel dit só: “As ‘n koerant ‘n Pick ‘n Pay-invoegsel gehad het, sal selfs dit ook daar wees". Koerante is nie tot op dag en datum in die biblioteek nie, aangesien tyd vir die mikrofilming toeglaat moet word.

Om dié biblioteek te gebruik, kos R35 per dag. Lidmaatskap vir ses maande beloop R125. Dit is belangrik om vooraf ‘n plek te bespreek, vanweë beperkte geriewe.

Van die geriewe sluit in kopieermasjiene en internetverbinding waarmee gebruikers die berigte of bladsye regstreeks van mikrofilm na ‘n e-pos kan stuur.

Mev Gerber wys daarop dat sy en ander personeel met graagte help, maar gebruikers sal hulself baie moeite en soektogte spaar as hulle naastenby weet wanneer dit waarna hulle soek, gepubliseer is. Die biblioteek is bereid om mense met enkele navrae per telefoon te help, maar weer eens moet hulle ‘n koerantnaam en datum gereed hê, verkieslik 'n presiese datum.

Mev Gerber is bereikbaar by 012/429-3209. Die biblioteek is in die Samuel Pauw-gebou op die hoofkampus van Unisa in Pretoria. Mense wat die biblioteek wil besoek, kan haar vir aanwysings daarheen skakel.

  • NG Kerkregisters wat insluit: doop-, huweliks- en begrafnisregisters is ook by hierdie biblioteek te sien.

Tuesday 22 May 2007

A DNA SAMPLE CAN TRACE YOUR FAMILY HISTORY

At the monthly meeting of the
West Gauteng Branch, GSSA on 19 May 2007
Johann Ahlers referred in his talk to
The
Sorenson Molecular Genealogy Foundation (SMGF).
What is it?


By Doug Ware, KUTV.com

For years, genealogy research has mainly consisted of historical documents, complex family trees and libraries of data. But now, a Utah-based organization is using actual genetic code to trace -- and connect -- family histories across the world.

James Sorenson and a local organization have merged resources to form what is known as the Sorenson Molecular Genealogy Foundation (SMGF), with the goal of broadening family history research and connecting people from all over the world – with a new technological database built on human DNA.

There are already several Internet websites that incorporate the use of genealogy and genetics, leading many researchers to believe that this sort of gene mapping could be a revolutionary new method.

With more than 5 billion people on the planet, speaking a myriad of various languages, it might be hard for some to believe that literally any one of us could be connected to the same ancestors. Sorenson believes that using DNA to trace our family histories will illustrate how closely linked the world actually is.

“DNA and what we are finding out and learning has such a tremendous potential for good,” he says.

“What grew… was the desire to create a database that we could use to connect all of the people of the world, both genetically and genealogically to demonstrate how close we really are,” says geneticist Scott Woodward, who collects DNA samples for the SMGF.

To start the project, researchers needed to gather various samples from people around the world in order to connect them. Getting samples from Utahns with European backgrounds wasn’t difficult, due to the state’s predominant Caucasian population, but retrieving codes with ties to the rest of the planet was more of a challenge.

After years of effort, researchers gathered samples from the far reaches of the Earth; from China to Cameroon, from Southeast Asia to South Africa, and many points in between. Some samples even come from remote villages in Central America, where the inhabitants often speak dying languages.

And many of us, the DNA shows, are closely connected with these people through genealogy.

To demonstrate how the procedure works, news reporter, Fields Moseley, gave researchers a sample of his own DNA to see where his family history would lead. The sample, extracted from Moseley’s mouth, went into a database along with information on his family’s known history.

Before long, Moseley’s genetic sample was broken down to its molecular level so that researchers can more clearly analyze the DNA code. To many, the sample turns out to look like a number of squiggly lines on a computer screen but to expert eyes they are markers with meaning. (Click on diagram to enlarge.)

After a run of Moseley’s sample through the database, researchers connected him to a man named Robert Moseley, who was born in Virginia nearly 300 years ago. It is likely, the research indicates, that he is Moseley’s great, great, great, great, great, great grandfather.

And the genetic connections aren’t always obvious. Last names among relations, for instance, don’t always match.

Next, Moseley was matched with the name Holgate from Kane County, Utah. And although Fields is not originally from this state, all but one of his DNA markers matched Holgate’s. The experts concluded that sometime in the last 200 years, Moseley and Holgate shared a common ancestor – most likely in Great Britain.

Moments later, Moseley was linked to the name Boutwell – the two of which had an exact DNA match. It was another ancestor connection for the KUTV reporter.

Some of the mystery may be clarified by knowing that surnames have often changed over the past several hundred years, with some branches of family trees dying off. 500 years ago, there were far fewer people living in the world which means that sometimes family relatives – like cousins – married, leading some family trees to look more like genetic “webs.”

“We can go beyond that and find out where you genes were in the Middle Ages… where your genes were 2,000 years ago,” Woodward says.

The SMGF is hoping to acquire and process approximately 500,000 DNA samples from around the globe for inclusion into the database. Anyone can give their own sample to the foundation, and receive a basic report at no cost. More a more detailed family analysis, the cost per person is approximately $75. (You can request a participation from the SMGF via its website by clicking on the link below)

As complex as their project is, researchers say the end result is a humanitarian one.

“Realize how closely we are all related to one another,” Sorenson says.

“We just need to know that more … and feel it.”

LEARN MORE: Sorenson Molecular Genealogy Foundation - Official Site

Saturday 05 May 2007

GENEALOGIESE TAALGOGGAS?


Vroeg in Mei 2007 het ‘n gesprek op SA Genealogie (SAGen), die gewilde gespreksform, oor die begrippe “kwartierstaat” en kwartierstaatverlies” plaasgevind. Hieruit blyk dit dat dit twee genealogiese taalgoggas is.
Hieronder volg die gesprek.


Sylvester Rascher: Die woord “ kwartierverlies” het klaarblyklik algemene inslag gevind en indien ek dit reg verstaan, dui dit op die aanduibare meervoudige voorkoms van ‘n bepaalde voorouer (hetsy man of vrou) in ‘n afkomslinie. Indien dit so verstaan word, het ek persoonlik met, onder andere, vele maal Cloete, Du Toit, Du Preez enVan der Merwe ‘n geweldige “kwartierverlies” in my Afrikaner afkomslinie gely.

Na my mening dra die Afrikaanse woord “verlies” ‘n negatiewe konotasie. Wanneer dit op die genealogie as “kwartierverlies” geprojekteer word, beteken dit noodwendig dat iets verlore gegaan het.

Kwantitatief (getalsgewys) gesproke, is daar ook by my geen twyfel daaraan dat getalle verlore gegaan het nie. In hierdie sin het ek geen probleem met die gebruik van die term “kwartierverlies” nie, maar dan moet dit na my mening in ons genealogiese vakterminologie spesifiek gekwalifiseer word as “kwantitatiewe
(getals) kwartierverlies”.

Die rede hiervoor is, na my mening, dat ons, anders as met kwantitatiewe (of getalwyse) aanduiding, nie sonder meer kan aanvaar dat ons in terme van kwaliteit noodwendig ‘n verlies gely het wanneer ons kwartierstate meervoudige voorouers oplewer en ons in praktyk met minder voorouers as die teoreties moontlike getal opeindig nie

So byvoorbeeld sal die historiese toetrede van ‘n voorouer wat die siekte porforie aan die nageslag oorgedra het, wel tot kwantitatiewe (getalsgewyse) “kwartierwins” lei, maar moontlik nie tot kwalitatiewe (kwaliteitsgewyse) “kwartierwins” nie...

In die lig van die voorafgaande wil ek voorstel dat, indien lede saamstem, ons in ons genealogiese vaktermonologie, eerder gebruik maak van die woord “kwartiervernouing” in plaas van “kwartierverlies”.

Christo Viljoen: Ekself was nog nooit baie entoesiasties oor die woord "kwartierstaat" nie, want vir my het dit die betekenis van iets wat met vier (4) te doen het: vier voorsate, dws jou oupas en oumas? - of dalk vier geslagte? Die WAT gee geen definisie vir die woord "kwartier" aan wat enigsins verband hou met voorsate nie. Die vraag is dan: wat is die "kwartier" in "kwartierstaat"? Ek gebruik deurlopend die term voorsatestaat.

Ek deel jou sentimente rondom die "verlies"-aspek van kwartierstaatverlies. Al sou die term kwartier(staat)vernouing" hierdie konnotasie aanspreek, sou ek wou praat van "voorsateduplisering", want dit sê presies wat dit is.

Paul D Bosman: Die term kwartierstaat het my van die begin van my navorsing dwars in die krop gesteek. Ek kon, soos Christo Viljoen aandui, nie vasstel of dit net met my vier grootouers te doen het nie en of dit my voorgeslagte vir vier geslagte is nie. Hoe meer ek vra hoe minder kon ek die kloutjie by die oor bring. Totdat ek iewers gelees het dat die ou familieskilde uit vier dele bestaan en elke deel verteenwoordig een grootouer, toe kon ek my voorstel dat ‘n kwart van elkeen in my genesamestelling verteenwoordig is. Maar wie se grootouers kom op die familieskild voor?

Sekerlik nie myne nie, hulle het te laat in die prentjie of liewers op die skild gekom (eintlik is nie een van hulle daar nie). Dit verduidelik egter nog steeds nie die staat nie, waar kom die kwart daarin voor? Ek praat nie eens van die kwartierstaatverlies nie, dit klink regtig baie tragies. ‘n Mens het juis met soveel sterftes te doen in genealogie. Die Hollanders praat deure tyd van “kwartierstaat et kwartierstaatverlies”. Gun hulle dit. Gelukkig het ek op een of ander manier op die term "voorsatestaat" afgekom wat nou regtig sê presies wat dit is. Christo se Viljoen “voorsateduplisering” is pragtig, want dit sê ook presies wat dit is.

Chisto Viljoen: Paul Bosman se verduideliking van 'n familieskild wat gevierendeel is (en dus uit vier kwarte bestaan) maak vir my nogal sin, maar verklaar nog nie wat die "kwartier" in kwartierstaat(verlies) is nie. My eie voorsatestaat bestaan uit 'n halfsirkel (waaierkaart), met links my patriargale en regs my matriargale voorsatelyne. As ek nou my vrou se soortgelyke voorsatestaat opstel en onderaan my eie inlas, vorm dit 'n volkome sirkel en is daar vier kwadrante - maar dit is 'n saamgestelde voorsatesirkel en dus iets heeltemal anders.

Ek het my twee oupas en oumas (Viljoen x Fouché, en Pienaar x Van Heerden) se familiewapens afgedruk op my voorsatestaat, en sou die volgende stap (8 familiewapens van my grootjies, of selfs verder terug) kon oorweeg, maar dan raak dit te veel van 'n gedrang. Miskien moet ek my eie familiewapen laat registreer --gevierendeel met verteenwoordigende komponente van elk van die vanne Viljoen, Fouché, Pienaar en Van Heerden! Dan verteenwoordig elke kwart(ier) 'n voorsaat en kan ek seker praat van my kwartierwapen - of is dit nou 'n kulturele wapen?

Ek het met Leon Endemann by die Genealogiese Instituut van SA (GISA) gesels oor die kwartierstaatstorie. Hy verseker my dat dit verwys na vier geslagte, dus 16 individue in die buitenste rand. My voorsatestaat het 256 individue (8 geslagte) in die buitenste rand (en ek kan nog twee geslagte byvoeg, maar dan word dit te groot om af te druk). Ek het finaal afskeid geneem van die term "kwartierstaat" -- ons kan doen sonder hierdie Holandisme.

Terloops, my eie voorsateduplisering is sodanig dat onder die 256 name in die buitense rand is daar net een egpaar wat gedupliseer word -- een aan my patriargale, en een aan my matriargale voorsatekant onderskeidelik. As 'n "verlies" het ek dit nog nooit eintlik ervaar nie.

Wednesday 02 May 2007

NEEFS, NIGGIES EN KWARTIERSTAATVERLIES


IS JY FAMILIE VAN JOU GADE?

Bostaande was die opskrif van ‘n gesprek wat gedurende Februarie 2007 op die gespreksforum, SA Genealogie (SAGEN), gevoer is. Hier is ‘n aantal van die reaksies.

Paul Bosman, Pretoria: My vrou se ouers is van die Noord-Kaap afkomstig (gebore te Aggeneys en Verneukpan). My ouers is in Johannesburg en Krugersdorp gebore. ‘n Mens kan amper sê dat hulle van die uithoeke van die land kom. Die kans is seker maar klein dat hulle familie van mekaar kon wees, of so het ons gedink. Nou kan ek noem dat ons het 96 stamouers in Suid-Afrika in gemeen het.

Alta Roux: Die Pieters-familie is 'n lewende bewys dat jy (seker darem nou nie blindweg nie) met familie kan trou. Niggies en nefies het met mekaar getrou asof dit uit die mode gaan (of dit was 'n spul mooi mense). Ek het eers hier teen die 1950's 'n geval opgespoor waar 'n neef en niggie getrou het en vier kinders gehad het -- en twee van die vier is met spina bifida gebore. Verder kry ek geen bewyse van oorerflike gebreke nie.

Lucas Rinken, Roodepoort: My vrou is my sewende niggie een maal verwyder. Agt geslagte terug is stamvader Johannes Oosthuyzen en sy vrou Johanna Maartens ons gemeenskaplike voorsate -- sy deur b4, Elsie Oosthuizen en ek deur b6, Petronella.

Dis een van die groot voordele van ons Wes-Gauteng GGSA-databasis, wat nou 315,000 siele bevat. Sulke verwantskappe kan maklik bereken word. Indien enige iemand belangstel om hul verwantskappe te bepaal, stuur vir my so 3 na 4 geslagte terug van elk van die gades en ek sal met graagte die berekening doen.

Johan Pottas, Rekensentrum Universiteit van die Vrystaat (links): Ek is seker dat indien jou voorouers langer as 200 jaar in Suid-Afrika woon, soos myne en as jy ‘n groot genoeg databasis het, is ek familie van die meeste van die genealoë in Suid-Afrika.

Paul Bosman, Pretoria: Ek weet te min van genetika af om gesaghebbend hieroor kommentaar te lewer, maar dit is seker so dat oorerflike kwale van weerskante mekaar kan versterk in die nageslag. Die Rooms- Katolieke het ‘n tabel van familie wat met mekaar mag trou en die wat nie mag nie -- ‘n yslike lys, Neefs en niggies mag wel trou volgens die meeste lande se wette. Die meeste neefs en niggies wat onder my voorsate getrou het, was aan die beginjare van ons volk se geskiedenis hier in Suid-Afrika toe daar maar min mense en dus min keuses was. Dit het tot ‘n geweldige voorsaatverlies gely. Die volgende sommetjie sal die omvang van hierdie verskynsel toelig: my stamouers is gemiddeld tien geslagte voor my in dié land, so ek behoort die volgende aantal stamouers te gehad het: 2 tot die mag 10 = 2x2x2x2x2x2x2x2x2x2 = 1024. Maar in werklikheid was daar net 296 -- dus ‘n geweldige voorsaatverlies van 70,75 persent.

Hennie Nel: In my Nel-familie kom my pa van Guillaume Nel die stamvader se seun Jan (Jean) Nel * 1687 se geslag. My ma se familie weer van die ander seun B10, Pieter Willem Nel. Met my ouers se troue het die twee geslagte bymekaar uit gekom.

David le Roux: My PAF-lêer sê dat ek en my vrou “5th cousins, once removed” is. Wat nog meer interessant is, is dat ons meer as 100 voorouers deel. PAF-lys net die eerste 100. Dis seker nie té verrassend nie, aangesien ons van-voorouers (Le Roux en Malherbe) op dieselfde skip in 1688 uitgekom het en mekaar dus tóé reeds geken het.

Ek wil die bewering maak dat alle Afrikaners van ons kinders se ouderdomme met die “ou” (voor 1700 aangekom) vanne, bloedfamilie van mekaar is. Reeds op hierdie gespreklyn sien ek byvoorbeeld die vanne Nel, Bosman, Roux, le Roux en De Villiers wat in die vorige skrywers se lyne voorkom. My kinders is familie van almal van julle.

Christo Viljoen: Die kwessie van ondertrouery en bloedverwantskap is ingewikkeld. Dit is veral onder die Engelse en die Arabiese wette heeltemal wettig dat neef en niggie met mekaar mag trou. (In sommige state van die VSA en in baie ander lande is sulke huwelike ontoelaatbaar ingevolge die wet). ‘n Bekende voorbeeld van ondertrouery is die Britse koningshuis. Koningin Elizabeth II en haar eggenoot prins Philip het albei gemeenskaplike voorsate in Koningin Victoria sowel as koning Christian IX van Denemarke (waarvan meer vertel word by: http://en.wikipedia.org/wiki/Royal_intermarriage).

As jy gedink het jou en jou vrou se familieverwantskap is ingewikkeld, wees getroos dat die Britse koningshuis s’n veel meer ingewikkeld is.

As ‘n individu in sy eie voorsatestaat gedupliseerde voorsate het, word van kwartierstaatverlies gepraat. Ek weet nie of daar ‘n term is vir duplisering in egpare se onderskeie voorsatestate nie. Dat duplisering van voorsate in Suid-Afrika kan voorkom is heeltemal te verstane, gedagtig aan die klein poel van mense aan die Kaap drie eeue (plus) gelede.

Dieselfde is egter die geval met nasies wat nie deur grootskaalse immigrasie (soos in die geval van die Amerikaners) ontwikkel het nie. Die genepoel van veral eilandstate en ander geïsoleerde gemeenskappe is dikwels baie klein.

Bloedverwantskap (die Engelse term is “consanguinity”) verhoog natuurlik die risiko verbonde aan oorerflike siektes, soos wat die geval was met Alexis, die seun van die laaste Tsaar, Nicholas II, wat hemofilie geërf het van sy moeder Alexandra, ‘n kleindogter van koningin Victoria. Genetiese verwantskappe en resessiewe genetiese siektes is egter ‘n ingewikkelde saak, waarvan meer vertel word in die artikel “Erfenis van voorouergene” op GISA se webwerf by www.gisa.org.za/?ufsp=31.

Interessant is die gevolgtrekking wat in dié artikel gemaak word dat dit heel moontlik is dat ‘n nasaat van een of ander stamvader géén van sy gene besit nie. Dalk is jy en jou vrou derhalwe tog nie “familie” van mekaar nie.

Johan van Breda, Kaapstad: Ek het die gesprek (oor: Is jy en jou gade familie?) met belangstelling gevolg en die volgende stukkie oor ondertrouery aan die Kaap deur Samuel Hudson geskryf in 1803, opgediep.

Goewerneur Lt-genl Jan Willem Janssens wou met sy diensaanvaarding in 1803 van die voormalige sekunde Johannes Izaak Rhenius weet hoe hy die kolonie kon hervorm met moontlike aanduiding van wanpraktyke en korrupsie oor die algemeen van die inwoners. Hierop het Rhenius voorgestel dat vier van die vooraanstaande families aan die Kaap, Van Reenen, Cloete, Van Breda en Eksteen wortel en tak uitgeroei moet word, maar bygevoeg dat hulle deur ondertrouery met mekaar en ook met amper elke ander familie aan die Kaap almal familie van mekaar was en dus sou amper die hele kolonie verban moes word. Die goewerneur het die saak maar daar gelaat. BRON: Shell, Robert C.-H. Samuel Hudson on marriages and other customs at the Cape. Kronos vol. 15 (1989), p.49.

Japie Bosch, Johannesburg (links): het sy eie ervaring. Hy skryf:

Ek is my eie (sesde) neef, maar ons is een keer van mekaar verwyder. My suster is my suster, maar sy is ook my niggie, een keer verwyder.

Onsinnig? Nie rêrig nie.

In die genealogie hoor ‘n mens van byvoorbeeld: derde neefs, twee keer verwyder (third cousins, twice removed). Dit was die geval met my pa en ma. Hulle was vyfde neef en niggie, een keer verwyder.

Die saak staan só:

• Jean Labuschagne (1706 – 1753) en Gesina Steenkamp (1723 -- ) het onder meer twee seuns, Casper (voor 1746 – 1791) en Francois (voor 1753 -- ) gehad;
• My pa stam van Casper af -- hy is sewe geslagte later gebore;
• My ma stam van Francois af -- sy is ses geslagte later gebore;
• My pa en ma was dus neef en niggie, maar omdat sy een geslag voor my pa gebore is (vyfde) is, is hulle vyfde neef en niggie. Onthou, die eerste geslag was broers en die res daarna is eers neefs. Omdat my pa een geslag later gebore is, is hulle een keer (of een geslag) verwyder.
• Vandaar die begrip: vyfde neef en niggie, een keer verwyder.

Die diagram hieronder sit die situasie uiteen.


(Klik op diagram om te vergroot.)

By http://www.mjra.net/relationships-1 is 'n kaart waarmee 'n mens sulke verwantskappe kan bereken.

Kyk ook na: http://en.wikipedia.org/wiki/Cousin_chart

Die snaaksigheid (soos in ha-ha) is dat my naam, as hul seun, onder elkeen se naam kan verskyn. Dan is ek my eie neef, en niks anders nie as ‘n sesde neef, een keer verwyder.

In ons familie kan ons dié speletjie lekker speel. Ek, my broer, susters en ons kinders is dus almal neefs en niggies. Tong-in-die-kies natuurlik (selfs belaglik), maar teoreties-genealogies is dit waar. Soos ‘n oud-studente-vriend altyd gesê het: “Die boek reken só”.

My ouers is oorlede voordat ek die genealogie begin “pleeg” het. Hulle het nooit van hul verbintenis geweet nie. Ek kan my indink hoe ons hulle sou geterg het. Buiten voorgaande is die volgende ook waar: my pa en sy skoonpa was vierde neefs, twee keer verwyder; my ma en haar skoonpa was vyfde neefs.

Wat sou my oupas en oumas van die voorgenome huwelik gesê het as hulle van dié kwessie geweet het? Seker die huwelik verbied het. Oor die siektes wat kon "uitbroei".

INTERESSANTHEDE UIT DIE e-SAGI (2)

DIE ABC VAN FREDERIK WILLEM

DEUR LUCAS RINKEN

Op 2 Julie 1741 word aan die Kaap gedoop Frederik Willem ALLEMAN, seun van Rudolph Siegfried ALLEMAN en Johanna Jacoba COETZER. Maar net voor hom en skynbaar met geen familie verbintenis nie, word op 8 April 1735 in Kaapstad gedoop Frederik Willem BUITENDAG, seun van Carl Dietrich BUITENDACH en Catharina VALK en dis laasgenoemde wat meer ons aandag verg. Hy trou op 8 Junie 1766 te Drakenstein met Johanna Wilhelmina KNOETZEN en hul eerste seun word ook Frederik Willem gedoop op 6 April 1777.

Hul tweede seun, Gerrit, gebore 23 Mei 1782 trou in 1807 met Elizabeth Catharina VILJOEN en hul tweede kind word op 23 September 1810 te Graaff-Reinet ook Frederik Willem gedoop. Hy trou op 7 April 1834 te Cradock met Jannetje Willemina Elizabeth Catrina du PLOOY en hulle voeg haar pa se naam by om hul seun die name Frederik Willem Jacobus te gee.

Maar ons stel meer belang in dié seun se suster, Elizabeth Catharina Jacoba Johanna BUITENDAG wie in 1859 te Reddersburg trou met Jacobus Erasmus COETZER en die name Frederik Willem word aan hul seun gegee. Hy is gebore op 21 September 1860 en trou in 1903 te Aliwal Noord met Anna Cecilia FOUCHE. Hulle dogter, Hendrina Cornelia, gebore te Reddesburg op 3 Junie 1904 trou op 11 April 1927 te Reddersburg met Johannes de Klerk en so word hul seun, Frederik Willem de KLERK, gebore op 18 Maart 1936.

Hy is natuurlik niemand anders as oud-President FW de KLERK nie!

ALLEMAN, BUITENDACH/BUITENDAG, COETZER en laastens de KLERK om ons ABC te voltooi!

Tuesday 01 May 2007

DIE OORSPRONG VAN DIE WES-GAUTENGTAK


Op Saterdag 10 Februarie 2001 het ’n groep entoesiaste in Krugersdorp byeengekom en besluit om die Wes-Gautengtak van die GGSA op die been te bring. Teenwoordig was:

  • Martin Zöllner (links), indertydse nasionale president van die Genootskap;
  • Barbara en Johan Bouwer;
  • Kobus van Dyk;
  • Margaret Humphries;
  • Isebelle Krauss;
  • Lesley en Jan O’Connell Maritz;
  • Colin Pretorius;
  • Dennis Pretorius;
  • Christene en Steven van der Merwe en
  • Petrus van der Merwe, voorsitter van die Johannesburgtak.

    Die eerste bestuurskomitee het aanvanklik bestaan uit: Kobus van Dyk as voorsitter en Otto Krauss as tesourier.

    Die vergadering het besluit om die res van die bestuur op ’n volgende vergadering te verkies wanneer ander lede ook sou teenwoordig wees.

    In sy kort, en lewendige, geskiedenis het ons tak reeds vier voorsitters gehad: Kobus van Dyk, Dennis Pretorius verkies in 2002, Richard Ford 2004, en Lucas Rinken is in 2006 verkies.



    Interessant dat van die oorspronklike lede is Barbara en Johan Bouwer, Isebelle Krauss, Margaret Humphries en Dennis Pretorius nog aktief by die tak betrokke is.
Uit: Wes-Gauteng Nuus, Junie 2006, Redakteur: Richard Ford

NAAMSONTWIKKELING VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

Stellenbosch is die oudste dorp in Suid-Afrika. Reeds in 1685 toe die tweede gemeente van die NG Kerk van Suid-Afrika gestig is, het die gereelde skoolonderwys hier begin.

1866: In sir John Herschel se stelsel van openbare skole is Stellenbosch as gemeentelike sentrum van opvoeding erken. Onder die Onderwyswet van 1865 is die Openbare Skool in 1866 as die Stellenbossche Gymnasium gereorganiseer. In Desember 1863 het 'n dertigtal ingesetenes van Stellenbosch in die Ou Leeskamer vergader en hulle verbind om binne vyf jaar 'n sekere som geld vir die stigting van die Gymnasium byeen te bring. In 1873 is die destydse Raad van Eksaminatore deur die Universiteit van die Kaap de Goede Hoop vervang.

1874: In 1874 het die professorale afdeling, die sogenaamde Arts Department, van die Stellenbosch Gymnasium, tot stand gekom. Die Arts Department het aanvanklik uit die Rektor, die weleerw heer Charles Anderson, en twee professore, t.w. prof G Gordon vir Wiskunde en Natuurkundige Wetenskappe en prof A MacDonald vir Klassieke en Engelse Letterkunde, bestaan. Die leerlingtal van die Gymnasium in daardie jaar was 120. In die Derdeklaseksamen (die latere Matriek) het 9 geslaag, en in die Tweedeklaseksamen (die latere BA) 4. In 1879 is daar besluit om 'n behoorlike kollegegebou op te rig. Sir Bartle Frere het in dié dae 'n besoek aan Stellenbosch gebring. Hy was begaan oor die gebrekkige ruimte wat die onderwysmense tot hulle beskikking gehad het en het beloof om 'n goeie woord by die landsregering te doen. Deur die toedoen van sir Gordon Sprigg het die Parlement toe £3 000 vir 'n gebou gestem op voorwaarde dat die publiek dit met 'n gelyke bedrag sou aanvul. Op 22 Desember 1880 is die hoeksteen van die nuwe kollegegebou deur die Administrateur, sir George Cumin Strahan, gelê.

1881: In 1881 het die Arts Department 'n oktrooi as Kollege verkry. Die status en die konstitusie van die Stellenbosch College deur 'n wet van die Parlement vasgestel. Terselfdertyd is daar bepaal dat die Gymnasium onder die beheer van die Kollegeraad sou staan. Die gebou is stuksgewyse voltooi en in gebruik geneem. Op 6 November 1886 is dit ingewy.

1887: In 1887, die 50-jarige jubileumjaar van Koningin Victoria se regering, het sy toestemming verleen dat die kollege die Victoria Kollege van Stellenbosch genoem word. In 1882 was die stigting van 'n Landbouskool in verband met die Kollege onder bespreking. In 1887 is met vyf studente begin. In 1898 is die landbou-afdeling van die Victoria Kollege na Elsenburg oorgeplaas. In 1918 is die landbou-afdeling na Stellenbosch teruggeplaas, en wel as die Fakulteit Landbou van die Universiteit van Stellenbosch.

In die tydperk 1897 -- 1900 is die Fisika-laboratorium en die Christian Marais-biblioteek aangebou. Dit is moontlik gemaak deur die vrygewigheid van die broers JH en CL Marais. In 1899 is die senior matriekklas na die skool verplaas. Deur hierdie afskeiding is die getal Kollege-studente met 44 verminder sodat daar slegs 116 "Arts"-studente oorgebly het. Sowat vyf jaar later is 'n Kollege-uitbreidingskema in die lewe geroep. Plaaslik en elders, veral by oudstudente, is om hulp aangeklop. Hierdie beweging het gelei tot die verdeling van Filosofie en Engelse Letterkunde, en van Grieks en Latyn, die stigting van leerstoele vir Dierkunde, Plantkunde en Geskiedenis, en kort daarna ook vir Toegepaste Wiskunde. Die opleiding van onderwysers en onderrig in die Pedagogiek is van 1876 af van tyd tot tyd oorweeg.

In 1895 is begin om hulp te verleen aan studente wat die gewone program gevolg het, maar van plan was om later 'n onderwysdiploma te verkry. In 1911 is 'n professor in die Opvoedkunde eindelik benoem. 'n Nuwe gebou is opgerig. Twee jaar later is daarnaas 'n groot gebou vir vier van die natuurwetenskappe opgerig. Hiertoe het die Unieregering ruim bygedra. Met die ontstaan van die Unie van Suid-Afrika het die kwessie van hervorming van die hoër onderwys weer ter sprake gekom. Verskillende kommissies is met die oog daarop benoem. Hulle het verskillende oplossings van die vraagstuk voorgestel. Die voorstelle het almal in noue verband gestaan met 'n belangrike skenking van sir Julius Wernher en die heer Otto Beit vir die stigting van 'n sogenaamde "Onderwysende" Universiteit by Groote Schuur. Die eerste wetsontwerp, waardeur die Victoria Kollege aan Groote Schuur ondergeskik gemaak sou word, is met behulp van oudstudente en vriende van Stellenbosch doeltreffend bestry. Dit het nooit wet geword nie. Die Regering het 'n oplossing gevind deur meer desentralisasie. In plaas van één, is daar aan drie universiteite oktrooie verleen.

Wat Stellenbosch betref is dit moontlik gemaak deur die nalatenskap van mnr Jan Marais van Coetzenburg, wat in sy testament £100 000 vir die hoër onderwys op Stellenbosch nagelaat het. Die Universiteitswet is in 1916 deur die Unie-parlement aangeneem.

1918: Op 2 April 1918 het hierdie wet in werking getree en is die Victoria Kollege deur die Universiteit van Stellenbosch vervang. Die totale getal ingeskrewe studente aan die Kollege in die jaar voor sy verhoging tot Universiteit, het 503 beloop. In dieselfde jaar het die doserende personeel uit 40 lede bestaan. Daarvan was 22 professore en 18 lektore.

Namate nuwe behoeftes in verband met die opleiding van studente ontstaan het, is daar aan die Universiteit van Stellenbosch nuwe fakulteite en afdelings gestig. Duisende mense het al op Stellenbosch gestudeer.

Bron: Universiteit van Stellenbosch: Historiese Agtergrond

MONTHLY MEETING: 19 MAY 2007

Date: 19 May 2007; Venue: LDS Church, Philips Avenue, Discovery, Roodepoort,
(Scroll down for map).

Commencement time: 14:00.
Speaker: Johann Ahlers;
Topic: Genealogy and Technology: collaborative research in the internet age.

Verkorte CV van spreker:

Johann Ahlers; Gebore 1956;Elektroniese Ingenieur; was lank Direkteur van verskeie divisies van die WNNR (CSIR) en ook Direkteur; Navorsingsondersteuning by UP; tans Bestuurskonsultant.

Genealogie: Ernstige eie navorsing sedert 2001; Lewenslid van die Hugenote Vereniging van SA; Lid van GGSA [Bestuurslid van eGGSA (ledesake en webdienste)]; Lid van verskeie internet-gespreksgroepe oor genealogie (en geskiedenis): SAGenealogie (bestuurslid); Buitenposten; Viljoen-familiebond; Van der Westhuizen; BosmanSA; Boer-War; South-Africa; South-Africa-Immigrants-British; Ahnensuche-Sachsen; Schleswig-Holstein-Roots; Betaalde lid van die volgende kommersiële webwerwe:
www.ancestry24.co.za
www.genesreunited.co.uk
www.onegreatfamily.com

Eie navorsing en inligting: Volledige kwartierstaat van my kinders (gedoen, maar soos alle genealogie, altyd besig om te groei); Gevorderde gebruiker van Legacy; aktiewe gebruiker van e-SAGI. Eenvoudige webwerf by johann.ahlers.googlepages.com Volledige aanlyn kwartierstaat
inligting by: 1. RootsWeb se WorldConnect projek - wc.rootsweb.com (databasis: ahlersvlerouxh) en 2. OneGreatFamily - www.onegreatfamily.com (groep: JR Ahlers).

Fee: R5,00 per person for refreshments. All interested persons are welcome.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...