Tuesday 18 December 2007

BOODSKAP VAN DIE VOORSITTER

Gegroet vriende

Die jaar 2007 kom snel tot sy einde -- 'n jaar van gemengde sukses en teleurstellings:

  • Ons ledetal het mooi gegroei en staan nou op 79.
  • Ons het verhuis na 'n nuwe bymekaarkomplek in die kompleks van die NG Gemeente, Ontdekkerskruin waar ons ons biblioteek kon inrig en beter geriewe beskikbaar is.
  • Ons maandeliks vergaderings was in die algemeen geslaagd en is afgesluit met ons werkswinkel en mini-uitstalling waar ‘n aantal besoekers verwelkom was.
  • Ons tak se e-SAGI ('n genealogiese databasis) van het gegroei tot 350 000 name en is steeds in aanvraag, wêreldwyd.
  • Japie Bosch het ons tak se blog (webtuiste) begin en uitgebou tot iets waarop ons trots kan wees. Ek is nie bewus van enige ander tak, behalwe eGGSA, wat iets derglik aanbied nie.

Maar ons vergaderings se bywoningsgetal is teleurstellend, asook die deelname van ons lede aan ons aktiwiteite.

Graag bedank ek elke bestuurskomiteelid vir sy/haar toegewyde hulp, bystand en positiewe deelname. So ook aan elke lid wat ons vergaderings bygewoon het of andersins ondersteuning verleen het.

Kom ons werk saam en maak 2008 die jaar waarin die tak tot nuwe hoogtes uitgebou kan word.

'n Geseënde Kersfees en baie voorspoedige nuwejaar word u toegewens.

Vriendelike groete

Lucas Rinken. voorsitter

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...