Wednesday 14 November 2007

APTYTWEKKER VIR SATERDAG

Eerskomende Saterdag, 17 November 2007, hou die tak tydens sy maandvergadering 'n mini-uitstalling/werkwinkel oor lede se genealogiese werk. Daartydens sal lede en ander belangstellendes wys wat hulle met hul geneaogiese inligting doen en hoe hulle dit in 'n bruikbare/kykbare formaat omgesit het.

Dit is die laaste byeenkoms van die jaar.

Hieronder is 'n aanduiding wat teenwoordiges te wagte kan wees. Van die takkomiteelede vertel wat hulle saambring:

Lucas Rinken:

  • Sy skootrekenaar en e-SAGI, 'n omvattende databasis wat byna 350 000 name bevat;
  • Sy boek "The Ancestors of Lucas Gerhardus Rinken";
  • Groot sirkeldiagramme van Genl. Christiaan Rudolph de WET en Lucas se verbintenis met die generaal. Dit is op AO-grootte-papier gedruk;
  • 'n Vyf geslagte-fotosamestelling van die Rinkens.

Bob Saunders:

  • Sy familieregister, soos dit tans lyk;
  • Sy joernaal, bestaande uit sy notas en familiedokumente;
  • Sy begraafplaas-opname te Bielaagte;
  • Twee plakkate geskenk deur Don McArthur;
  • ‘n Groot plakaat-stamregister van die Nichill-gesin (neefs van Bob se vrou) wat in Engeland opgestel is.

Japie Bosch:

  • Sy onvoltooide publikasie, die “Bosch’e van Braamfontein”;
  • 'n Skootrekenaar en 'n CD, saamgestel uit uittreksels van 8mm-films wat meer as 40 jaar gelede geneem is, oor “Die Kleintyd van Veronica Bosch” (gemaak met Windows Movie Maker);
  • 'n CD met 'n foto-samestelling uit die 1950's oor die Bosch-losieshuis van Braamfontein.
Klik hier vir meer inligting oor die byeenkoms.

Teenwoordiges word vriendelik versoek om hul werk ook saam te bring, al is dit net 'n gedeelte en ver van volledig. Die idee is om by mekaar te leer en wenke te kry. Dit sal die dag maak!

As jy niks saambring nie, sal ons jou nie wegwys nie, maar dit sal minder pret wees.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...