Saturday 8 September 2007

TAKBESTUUR BEOOG WERKWINKELS

Die Wes-Gautengtak van die GGSA gaan van November 2007 sprekers by maandbyeenkomste met werkwinkels vir sy lede afwissel. Die doel hiervan is dat lede genealogiese kennis en inligting met mekaar deel. Vrae en antwoorde – hoe elementêr ookal – sal ‘n belangrike deel van hierdie sessies uitmaak.

Dít was een van die besluite wat die takbestuur op sy jongste vergadering op 1 September 2007 geneem het.

Van die motiverings vir hierdie soort byeenkoms is dat beter wisselwerking tussen lede bewerkstellig word en dat hulle meer toeganklik tot hulpverlening moet wees. Die tak het tans 82 lede. Kollektief het hulle baie genealogiese kennis en data om uit te ruil.

Een van die eerste vrae wat 'n belangstellende gewoonlik vra, is: "Hoe begin 'n mens?" Sodaniges sal hieroor riglyne kry.

Hierdie byeenkomste sal vir die publiek oop wees.

Dagboek solank die eerste byeenkoms van dié aard: Saterdag, 17 November 2007 om 14:00. Meer besonderhede sal mettertyd gegee word.

Ander besluite wat die bestuur geneem het, is:

  • Bob Saunders (right) was co-opted as a member of the committee. Bob joined the Branch about two years ago and started attending meetings about 14 months ago. He is currently researching the following families: SAUNDERS, JONES, LESTER, LAWSON, RAMPLING, LANDMAN.
  • Die tak se nuwe biblioteek sal op 8 September 2007 by die NG Kerk, Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort ingerig word. Die bibliotekaresse, Louise Dick, sal ‘n beleidsdokument opstel oor die werking van die biblioteek.
  • Nuusbriewe aan taklede en “vriende van die tak” sal voortaan heelwat korter wees, omdat die tak se webtuiste artikels ondervang. Altesame 67 van die 82 lede het internettoegang. Eersgoemde sal die nuusbrief per e-pos ontvang en die oorblywende 15 per faks of pos ontvang. Die nuusbrief sal bestaan uit: die verwelkoming van nuwe lede, kennisgewing van opkomende vergaderings en verslagdoening oor vergaderings.
  • Persone wat belangstelling in lidmaatskap van die tak toon, sal vir ‘n tydperk van drie maande as “vriende van die tak” geag word. Vir hierdie tydperk sal hulle nuusbriewe ontvang.
Ander nuus is:

  • Die Elektroniese Genealogiese Indeks (e-SAGI) bestaan nou uit 346 000 rekords. ‘n Verdere 21 500 sal rekords binnekort bygevoeg word. Hierdie indeks is op CD teen R120 beskibaar. Dit het al menige "familie-soeker" se soektog beëindig.
  • Japie Bosch sal aanstaande jaar verhuis en nie meer as 'n komiteelid beskikbaar wees nie. Hy sal nietemin voortgaan om die webtuiste vir die tak te hanteer.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...