Tuesday 4 September 2007

Geslaagde Uitstalling

Die Wes-Gautengtak het op Saterdag, 1 September 2007, ‘n geslaagde genealogiese uitstalling by die NG Kerk, Ontdekkerskruin, Roodepoort se kerkbasaar, gehad.

Voorsitter Lucas Rinken en sy seun, Jan, was vroegdag reeds besig met kabels aanlê en inprop vir elektrisiteit en ‘n internetverbinding asook om uitstalmateriaal gereed kry. John Stephens, die taksekretaris, het later kom hand bysit. Hy het vir 'n uitstalling wat getoon het waaroor die genealogie eintlik gaan, gesorg.

‘n Sirkel-kwartierstaat van Generaal Christiaan Rudolph de WET (links onder op die foto) het heelwat aandag getrek, veral as Lucas verduidelik het dat het dat sy ouma se oupa en die generaal se pa broers was. Lucas vertel dat dit hom destyds elf maande geneem om te bewys dat wat sy ouma Martie indertyd vertel het, waar was. Dit is juis waar sy belangstelling in die genealogie begin het.

Margaret Humpreys, die komiteelid gemoeid met sosiale aktiwiteite, het ook by die gehelp vrae beantwoord.

Die tak se webwerf is ook aan besoekers gewys. Opsoeke in e-SAGI het mense verbaas. Verskeie kere het sodaniges hul oupas en oumas herken. Ander persone het soekwerk in van die publikasies gdoen. Belangstelling in die genealogie is gewis gekweek.

Die foto toon Lucas Rinken (sittend). Agter is John Stephens (links) en ds. Attie Botha, leraar van die gemeente.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...