Wednesday 01 August 2007

FAMILIEWAPENS BESTAAN NIE, UIT EN GEDAAN. DIS ONWETTIG

Dit is opvallend hoeveel mense wat in die genealogie doenig is na familiewapens op soek is. Op webwerwe van familieregisters kom dit gereeld voor. Selfs op gesoute genealoë se webwerwe is dit te sien. Dit gebeur ondanks verskeie boodskappe wat al die wêreld ingestuur is dat daar nie so- iets is nie. Selfs skoolkinders kry gereeld opdragte in dié verband. Wat sê die mense wat weet?

Dis onwettig, ‘n onding, ‘n misleiding, ‘n valsheid, ‘n klug, ‘n mite, dit bestaan nie, ‘n genealogiese onreg, ‘n geldmaakstorie. Ignoreer dit en bly daarvan weg. Moet ook nie een probeer soek nie. Jy gaan hom nie kry nie -- nie rêrige een nie.

Lees ook wat sê die Staatsheraldikus.


Dit is hoe kundiges familiewapens bestempel. Wetgewing hieroor is duidelik. Eiën vir jouself een toe en jy die loop die gevaar van ‘n boete van tot R1 000 of by gebrek aan betaling gevangenisstraf van nie meer nie as een jaar. Die boete is nie ‘n plaas se prys nie, maar dis ‘n kriminele oortreding. Voorts: koop ‘n afbeelding van jou kwansuise familiewapen by winkel of ‘n vlooimark en jy oortree eweneens die wet. Dis veral by vlooimarkte waar die mense met hul rekenaars sit. Hulle maak vinnig 'n drukstuk van jou kastige familiewapen met jou van se oorsprong en al.

Familiewapens bestaan eenvoudig nie. Al wat werklik bestaan, is 'n geregistreerde wapen vir 'n individu.

Desnieteenstaande duik familiewapens gereeld op.

Alles in ag genome, wonder ‘n mens of die kern van die wangebruik van familiewapens nie lê in wat Janet Melville verlede jaar geskryf het nie: “Elke persoon wil graag ‘n familiewapen hê. Hulle sal enige storie glo net om by hul vriende en ander te spog”.

Wet 18 van 1962 van Suid-Afrika, soos gewysig, is duidelik oor famliewapens.

Onlangs is ‘n uitnodiging op die gespreksforum, SAGenealogie, gerig om dié saak te debateer. Dit het heelwat reaksie opgelewer. Hier is ‘n klompie reaksies:

Anne Lehmkuhl, Johannesburg (per e-pos): Familiewapens is meer 'n geldmaakstorie as enigiets anders. Daar is baie min regte familiewapens. Enige genealoog wat so-iets gebruik as sy "eie familiewapen", sonder die wettige stappe, doen genealogie 'n onreg aan.

Ek kry elke dag 'n e-pos van iemand wat hul familiewapen soek. Hier is my standaard antwoord (net in Engels beskibaar):

With regards to a coat-of-arms: A lot of it is myth. Few people who use a coat-of-arms and/or so-called family crest today have any right to do so. Armorial bearings do not belong to all persons of a given surname, but belong to and identify members of one particular family who has the legal right to the coat-of-arms. Coats-of-arms are a form of property and may rightfully be used only by the male-line descendants of the individual to whom they were first granted or allowed. Such grants were and are made by the appropriate heraldic authority.

Coats-of-arms were used by knights and the nobility. In some countries coats-of-arms were used by bishops, cities and merchants. These were granted to an individual or to the city.

Unfortunately, over the centuries, many families have simply assumed arms and/or crests belonging to other families of the same name, usually without authority and without demonstrating any relationship between the families. This is especially true in South Africa.

Mere usage of a coat-of-arms, even over a long period, does not necessarily indicate a descent from the family for whom it was first granted. More often than not, there is no such connection. Even in the days when a tax was levied on the use of armorial bearings, those paying the tax by no means always had an established right to arms.

The erroneous and widespread practice of adopting the arms of a family of the same surname is to be deplored. It detracts from the basic purpose of coats-of-arms and/or crests, which is to provide hereditary symbols by which particular families may be identified.

Grants of new arms have been made to worthy applicants, on payment of fees, since the 15th century. The practice continues to this day.
Many people like to purchase gifts that are supposedly their family coat-of-arms. There is only one problem: almost all of them are bogus.
In many shopping malls, you will see vendors selling reproductions of coats-of-arms. Similar "businesses" exist on the Web.

The study of coats-of-arms is called heraldry. Those who control the issuance of arms are heralds. Typically, each country in Western Europe as well as in England, Scotland, Ireland, and South Africa, has an office of the Heralds. The Heralds are empowered to decide who is authorized to display a certain coat-of-arms. If you do not have authorization from the Heralds, you are not authorized to display any coat-of-arms. The rules are a bit different in the Netherlands and in some eastern European countries. The United States of America does not have an office of heralds, although the American College of Heraldry will register a coat-of-arms for individuals or businesses.

There is no such thing as a "family coat-of-arms. A coat-of-arms is issued to one person, not to a family. After that person is deceased, his primary heir (normally the oldest son) may apply for the same coat-of-arms. Again, when he dies, his heir may apply. The rules for determining who is eligible to display a coat-of-arms are very similar to the rules for becoming King or Queen of England. However, even the proper heir cannot display the coat-of-arms until he or she has received authorization (been confirmed) by the Heralds. At any one time, only ONE person may rightfully display a coat-of-arms.

The next time someone offers a copy of your "family's coat-of-arms," ask them for the official documentation.

Arnold Greyling: Hier is my standaard antwoord indien iemand my kontak en vra vir 'n Greyling-familiewapen:

"Daar bestaan nie so iets soos 'n familiewapen vir 'n spesifieke van nie. 'n Familiewapen word aan 'n individu toegeken en slegs sy direkte nageslag mag die wapen as familiewapen voer (gebruik). Enige persoon wat in Suid Afrika 'n familiewapen wettig wil gebruik, moet dit registreer by die Buro vir Heraldiek. Die registrasievereistes word beheer deur die Wet op Heraldiek. Lees die artikel http://uk.geocities.com/barensteel/hetjy.html

Eben Vorster, Krugersdorp: Ek het in Junie 2007 ‘n afspraak met die Staatsheraldikus gehad. Ek wou ook weet of een van die families wat ek navors ‘n sogenaamde familiewapen het. Hy het toe verduidelik hoekom daar nie so-iets bestaan nie.

Soos almal weet, het Cor Pama 'n boek, Die Groot Afrikaanse Familienaamboek, geskryf waarin daar verskeie sogenaamde familiewapens te sien is. Hierdie familiewapens is oneg en niemand kan daarop aanspraak maak nie. Dit is uiters belangrik om dit te weet.

Hierdie sogenaamde familiewapens het hul oorsprong in die 1930's en 1940's toe dit as ‘n saak van trots in die destydse Brandwag-tydskrif gepubliseer is. Dit was om die volk te verenig en om Afrikanertrots te bevorder. Hierdie wapens is ontwerp deur die skrywer van die reeks artikels. Mense met eksemplare van Pama se boek kan gerus voorin kyk vir grys faksimileë van wapenblaaie. Die outeur van die artikels het wapens uit die voorgenoemde faksimileë gekombineer en in swart en wit gepubliseer. Pama het dit ingekleur.

Dis die storie van Pama se wapens, wat oral in vlooimarkte te koop is, met die beskrywing wat uit Pama se boek geneem is.

Die Heraldiek het verskeie reëls. Om’ n wapen vir jouself te kan eis, moet jy een by die Buro van Heraldiek registreer. Dit kos ongeveer R6 000 vir al die prosesse. Slegs een persoon mag op ‘n spesifieke tyd aanspraak maak op ‘n spesifieke wapen. Sou die eiser sterf, erf sy oudste seun sy wapen net so. Dan kan die oudste seun aanspraak maak op die wapen. Alle ander kinders van die oorledene moet, indien hulle die wapen wil aanneem, ‘n aanpassing (verandering) maak op die skild of ontwerp, byvoorbeeld ‘n nuwe motief of kleur. As die oorledene nie ‘n seun het nie, erf sy oudste dogter die wapen, maar met 'n aanpassing.

Louis Engelbrecht, Villieria, Pretoria: Ek dink dit is net 'n kwessie van persoonlike trots om eerder jou eie familiewapen as 'n ander s’n te gebruik. Die probleem wat ek het, is dat die registrasie net eenvoudig te duur is. Ek wil ook graag 'n wapen registreer, maar ek kan myself nie sien so baie geld sien uithaal nie. Dan maar eerder sonder een bly.

Francois Greeff: Daar is verwarring oor die Engelse terminologie, “Coat of Arms” en “Family Crest”. Eersgenoemde is die hele wapen, en laasgenoemde is 'n klein stukkie bo-op die wapen, wat vir elke titelhouer (of familievader) anders is. Nou praat mense van die hele wapen asof dit 'n “family crest” is. Dit is verkeerd, want “crest” op sigself beteken “kruin” en dui dus op net die boonste stukkie.

Die Greeff-familiewebblad (www.greeff.info) vertoon wel tekste waar ander mense in die verlede wapens gebruik (of misbruik) het, maar die familiewebblad self maak geen aanspraak op enige “Greeff-wapen” nie en vertoon ook nie so 'n wapen nie.

David le Roux: Die Le Roux-familiebond het 'n geregistreerde wapen vir die gebruik van slegs die Bond en sy lede en ander persone aan wie die Bond toestemming gee. Dit is nie 'n algemene Le Roux-familiewapen nie.

Eben Vorster: Op die vraag of ‘n persoon se enigste dogter en kind sy geregistreerde wapen mag erf is die antwoord ja, maar omdat sy ‘n vrou is, móét sy ‘n aanpassing aan die wapen maak. As die kind ‘n man was, die enigste, dus ook die oudste dan sou die kind die wapen onveranderd kon erf -- sonder enige aanpassings.

Dit is moontlik om ‘n wapen te registreer vir ‘n maatskappy. Lede van die maatskappy kan die wapen op byvoorbeeld kaartjies gebruik. Dit moet by die wapen genoem word dat dit die wapen van die maatskappy of vereniging is. Jy mag nie, ingevolge wetgewing, jouself bekendstel onder ‘n wapen wat jy nie self geregistreer het nie.

Annatjie Tiran: Ek haal 'n advokaat van Engeland aan wat verlede week vir my oor die familiewapen geskryf het:

"Finally, whatever the position on the Continent, when a coat of arms is granted by the College of Arms in London, as was the case with Sir John Truter, it descends from eldest son to eldest son only, just like an hereditary title -- there is no question of all members of the family being entitled to use it, even with permission. If each want a lawful coat of arms, they must register it at the College with an appropriate “mark of cadency” to distinguish it.

Te veel mense klim op die "b(r)andwagon" en skielik verskyn daar familiewapens wat dateer uit die jare toet en niemand weet hoe waar dit vandaan kom nie.

Ek het byvoorbeeld ‘n TIRAN familiewapen gekry wat die drie "fleur de lis" op het. Daardie embleem is egter net deur die Franse koningshuis gebruik in daardie vorm. Voorts word beweer dat dit uit 1086 in ENGELAND dateer. In daardie tyd was daar geen TIRANS in daardie geweste nie. Hulle kom uit die ooste.

Hendrik Louw: Daar is 'n groot verskil tussen 'n wapen wat in iemand se naam geregistreer word, wat tereg dan deur daardie spesifieke persoon se nageslag, gewoonlik dan die oudste, en as die oudste 'n dogter is, moet sy 'n verandering aanbring en 'n wapen van byvoorbeeld 'n FAMILIEBOND. Laasgenoemde beteken net dat jy 'n lid van daardie bond is. Dit is amper soos my koshuisbaadjie op universiteit (met jaartalle). Die wapen beteken bloot dat ek daardie spesifieke jare daar in die koshuis was.

Ja, baie van ons spog met 'n wapen, al is dit dan onwettig, maar dit is eenvoudig net te duur om een te registreer. Liewer dan eerlik wees om te sê dan die wapens in Cor Pama se Familienaamboek ongeregistreer is en slegs voorbeelde is

Volgens my kan 'n BOND-wapen NOOIT oorgeërf word nie. Dit sal ook dadelik ongeldig wees indien die BOND tot niet gaan. Die BOND sal volledig geregistreer moet wees wat sekerlik ook finansiële implikasies het

Eben Vorster: Dis voorwaar, dink ek, die moeite werd om ‘n wapen te registreer. Dit is amper soos 'n identiteitsdokument wat jy aan jou van koppel. Ek gaan beslis een vir my registreer.

Francois Greeff:
In die regswerklikheid is daar nie so iets as 'n FAMILIEWAPEN nie, maar slegs 'n GEREGISTREERDE WAPEN van 'n persoon, waarop geen ander persoon aanspraak mag maak nie.

In die volksmond bestaan daar wel 'n begrip van 'n familiewapen. Ons weet almal wat 'n familiewapen is. Dit is 'n spesifieke soort embleem of logo wat 'n hele stam, of uitgebreide familie van dieselfde van, verteenwoordig. Hierdie begrip gaan nooit uitgewis word nie, so kom ons aanvaar dit.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...