Tuesday 12 June 2007

DIGITALE "SCRAPBOOKING" EN GENEALOGIE

Vir die persoon wat fotogestalte aan sy genealogiese werk wil gee, is digitale "scrap- booking" 'n groot aanwins. Dit sal enige publikasie, veral as dit vir die onmiddellike familie bedoel is, 'n pronkwerk maak.
Tradisionele “scrapbooking” , met al die tierlantyntjies wat bygekoop moet word, kan 'n duur affêre word. Daarenteen kan digitale “scrapbooking” gratis wees, op voorwaarde dat u reeds 'n skandeerder (scanner) het. Dis boonop maklik. Die groot voordeel van digitale "scrapbooking is dat dit familiegeskiedenis in beeld kan vaslê. Dit kan op papier of digitaal vasgelê asook deur die internet versprei word. Gedagtig daaraan dat ons dikwels heelwat tyd bestee om 'n voorouer se besonderhede op te spoor, bied digitale "scrapbooking" eweneens 'n nalentskap wat baie waarde sal hê. Met hedendaagse tegnologie in ons huise sal ons ons nageslag iets waardevol ontsê as ons nie bêre wat ons kan nie. Ons sal selfs verkwalik word. Daar word nie verniet gesê dat 'n foto 'n duisende woorde vertel nie. Die voorbeeld links bo van Veronica Bosch (nou Fourie) , se gesigte -- van hoërskooldogter tot beroepsvrou -- illustreer dit. 'n Mens kan met een opslag veel van haar karakter te wete kom: 'n vrolike, positiewe, energieke mens, deurgaans goed versorg. Is dit nie juis wat ons graag van mense wil weet nie? Heelwat mense is van mening dat "scrapbooking" uit allerlei sentimentele goetertjies bestaan en hoofsaaklik vir vroue bedoel is. Dit is allermins die geval as dit digitaal-genealogies reg aangewend word. Die meeste “scrapbooking”- programme het sogenaamde “embelishments”. Dis daardie krulletjies en draatjies en ekstra prentjies om ‘n bladsy ‘n kunsinslag te gee, soos dié een regs. Self het ek dit nooit gebruik nie. Moenie ‘n fout maak nie, sommiges daarvan is mooi en baie bruikbaar.
In my publikasie-in-wording oor die “Bosch’e van Braamfontein” het ek ‘n bladsy met vier gesigte, soos dié van Veronica (my suster), aan elke persoon oor wie ek skryf, afgestaan. Ek het ‘n bietjie verder as “scrapbooking” gegaan deur sommige foto’s eers met Photoshop mooi te maak en soms te restoureer. Dít kan nogal tydsaam wees, veral met ou en beskadigde foto’s, maar dis 'n ander onderwerp. Nie almal sal dit nodig vind nie. Hier en daar het ek iets anders gedoen, omdat ek ‘n sekere aspek wou beklemtoon, soos met my oupa en ouma (links). In hul huweliks- kontrak staan onder meer die volgende (sic): “Fifthly:- The appearer of the first part did declare for and in consideration of the said intended marriage and of the love and affection he bore towards the appearerof the second part, to give and donate to and on behalf of the said appearer of the second part the undermentioned live-stock to be her in future solely an exclusively owned, to wit:-
  • 600 merino ewes, all to be properly marked with a square in the left ear behind.
  • 10 cows, all to be properly branded H on the left hind quarter.
And the appearer of the second part, duly assisted as aforsaid did declare to accept the gifts with gratitude.” Voorgaande het hom tot illustrasie geleen. Die rame om die foto's is deel van die "scrapbooking". Dít sowel as die foto's, die skrif en die uittreksel uit die huwelikskontrak kan na enige grootte gerek word. Vanselfsprekend moet 'n mens meet en pas, sodat laasgenoemde leesbaar is en sodat daar balans is Omdat ek nie veel oor allerhande tiertlantyntjies begaan is nie, het ek nie lank na ‘n gratis “scrapbooking”-program gesoek nie. Ek het op Scrapbookflair afgekom. Dit is gratis en by www. scrapbookflair.com aflaaibaar. Dit is redelik maklik om te bemeester. Dis 'n kwessie van 'n bietjie leeswerk en probeer, ek wil amper sê: probeer-en-tref.
  • Die eerste stap in die program is om die grootte van die bladsy te kies. Al my samestellings is "letter size", d.i. 8.5 x 11 duim -- ongeveer A4-grootte. (As 'n mens, ná voltooiing, dit op 'n woorverwerker soos WORD inkopieer, pas dit perfek.)
  • Daarna kan 'n mens voortgaan deur die aanwysings te volg of deur op "Show Standard Templates" te klik. Dit bied verskeie moontlikhede van hoe jou foto's gerangskik kan wees.
  • Volg daarna die eenvoudige aanwysings.
Skrif kan ook in verskeie fonts en groottes ingevoeg word. Soos 'n mens meer vertroud met die program raak, kan verskeie ander prosesse volg, soos om jou eie agtergronde en ander "add-ons" van elders in te voer. Hieronder is nog voorbeelde. Nie almal is my voorkeur nie. Dit illustreer nietemin hoe elke persoon genealogies-digitale "scrapbooking" na sy smaak kan doen.
Klik op foto's om dit te vergroot.
Japie Bosch, Johannesburg

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...