Sunday 27 May 2007

KOERANTBIBLIOTEEK BY UNISA


Een van die mees benutbare biblioteke vir die genealoog is die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se oudio-visuele biblioteek (mikro-teks) in Pretoria. Dit bevat onder meer derduisende Suid-Afrikaanse koerante op mikrofilm.

(Klik op Die Afrikaanse Patriot (links) om dit te vergroot. Fotobron: Nedweb)

Daar sal ‘n mens verskeie koerante vind wat tot sover terug as 1800 dateer -- 207 jaar gelede. Van die koerante wat hier te vind is, sluit (alfabeties) in:

Argus: 1857 -- nou
Afrikaanse Patriot: 1880 -- 1900
Beeld: 1974 -- Nou
Cape Mercantile Advertiser: 1852 -- 1889
Cape Times: 1876 -- Nou
Cape Town Gazette: 1800 -- 1850
Daily News/Sunday Tribune: 1887 -- nou
De Ware Afrikaan: 1838 -- 1842
De Zuid-Afrikaan: 1830 -- 1910
Die Burger: 1915 -- nou
Die Transvaler: 1937 -- 1993
Die Vaderland: 1965 -- 1981
Eastern Province Herald: 1845 -- 1910
Friend of the Free State/The Friend: 1850 -- 1890
Grahamstown Journal: 1831 -- 1913
Hoofstad: 1968 -- 1983
Kaapsche Grensblad: 1844 -- 1861
Land en Volk: 1891 -- 1907
Natal Mercury: 1852 -- 2000
Natal Witness: 1846 -- 1901
New Nation: 1986 -- 1997
Oggendblad: 1972 -- 1982
Oosterlig: 1937 -- 1982
Pretoria News: 1898 -- nou
Rand Daily Mail: 1902 -- 1985
SA Commercial Advertiser: 1824 -- 1869
Sunday Times:1906 -- nou
The Star: 1889 -- nou
Volksblad: 1916 -- 1980
Volkstem: 1873 -- 1910.

Neem kennis: bogenoemde is nie die volledige lys nie. Gebruikers kan by die biblioteek navraag doen oor 'n koerantnaam wat nie hier verskyn nie.

Voorgaande koerante is almal op mikrofilm neergelê. Die koerante is volledig gefotografeer. Mev Louise Gerber van die biblioteek stel dit só: “As ‘n koerant ‘n Pick ‘n Pay-invoegsel gehad het, sal selfs dit ook daar wees". Koerante is nie tot op dag en datum in die biblioteek nie, aangesien tyd vir die mikrofilming toeglaat moet word.

Om dié biblioteek te gebruik, kos R35 per dag. Lidmaatskap vir ses maande beloop R125. Dit is belangrik om vooraf ‘n plek te bespreek, vanweë beperkte geriewe.

Van die geriewe sluit in kopieermasjiene en internetverbinding waarmee gebruikers die berigte of bladsye regstreeks van mikrofilm na ‘n e-pos kan stuur.

Mev Gerber wys daarop dat sy en ander personeel met graagte help, maar gebruikers sal hulself baie moeite en soektogte spaar as hulle naastenby weet wanneer dit waarna hulle soek, gepubliseer is. Die biblioteek is bereid om mense met enkele navrae per telefoon te help, maar weer eens moet hulle ‘n koerantnaam en datum gereed hê, verkieslik 'n presiese datum.

Mev Gerber is bereikbaar by 012/429-3209. Die biblioteek is in die Samuel Pauw-gebou op die hoofkampus van Unisa in Pretoria. Mense wat die biblioteek wil besoek, kan haar vir aanwysings daarheen skakel.

  • NG Kerkregisters wat insluit: doop-, huweliks- en begrafnisregisters is ook by hierdie biblioteek te sien.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...